Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS SONDAG 25 AUGUSTUS 2013

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika. Die SARL saai elke Sondag om 08:15 SAT 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uit. Vir oudio gaan na www.sarl.org.za, klik op 'Amateur Radio Today' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio deur Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

IN DIE NUUS VANDAG:

SARL RADIOTEGNOLOGIE-IN-AKSIE SIMPOSIUM BESPREEK NOU VIR GAUTENG EN DURBAN

IRS RUIMTEVAARDER ONTDEK DIE MAG VAN AMATEURRADIO

MOET NIE U SARL LIDMAATSKAPVOORDELE VERLOOR NIE

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante items.

SARL RADIOTEGNOLOGIE-IN-AKSIE SIMPOSIUM BESPREEK NOU VIR GAUTENG EN DURBAN

Die RTA kom op 31 Augustus 2013 na Gauteng en sal gehou word by die Innovation Hub, Pretoria. Dit is 'n baie moderne vergaderplek, maklik bereikbaar vanaf die N1 hoofweg. Neem die WNNR-afrit, die toegangspad is oorkant die WNNR-ingang.

Besprekings vir hierdie geleentheid sluit op Woensdag, sodat die spyseniers kan voorberei vir die aantal besoekers wat bespreek het. Slegs 'n beperkte aantal loop-in registrasies kan aanvaar word.

Kry al die besonderhede van www.sarl.org.za, kies die Radio-Tegnologie-in-Aksie skakel aan die linkerkant van die tuisblad.

Afgevaardigdes kan een van 5 digitale multimeters in die bywoningstrekking wen aan die einde van die simposium.

Besprekings vir die Durbanse RTA op 14 September sal volgende week oopmaak. Die geleentheid in Kaapstad sal vroeg in Oktober gehou word.

IRS RUIMTEVAARDER ONTDEK DIE MAG VAN AMATEURRADIO

Amateurradio het onlangs 'n geleentheid aan ruimtevaarder Luca Parmitano, KF5KDP, van die Europese ruimte-agentskap, gebied om te dien as ‘n middel om kontak te bevestig met die aarde vanaf die ISS gedurende 'n tydperk wanneer dit moeilik was om die planeet uit die ruimte te sien. Sy ervaring, vertel hy in sy blog, het ook vir hom 'n groter waardering vir die amateurradioapparaat aanboord van die stasie laat kry, sowel as vir die groter amateurradiogemeenskap op aarde. Parmitano verduidelik dat die ruimtestasie se "betahoek" gelei het tot lang tydperke in die sonlig, wat die aarde in die skaduwee hou, en hom dan 'n bietjie ïsoleer.

"Dit is dieselfde soos om in die aand uit die venster te kyk, met die ligte in die kamer aangeskakel, en daar is geen straatlig buite nie," het hy gesê. "Ons ry gedompel in ‘n totale swart ruimte.” Met geen beskikbare fotogeleenthede nie, het Parmitano gedink aan die ESA-Columbusmodule se amateurradioapparaat, wat hy beskryf as "soms 'n bietjie deur ons ruimtevaarders verwaarloos."

Parmitano het amateurradio gebruik om te gesels met studentegroepe op aarde as deel van die amateurradio op die Internasionale Ruimtestasieprogram, maar hy gee toe dat hy "nooit in amateurradio betrokke was nie." Tog vind hy homself vir die eerste keer kykende na die radio om daarmee "op een of ander ‘kontak’ tussen die IRS en die aarde te bewerkstellig". Nie wetende wat om te verwag nie, skakel hy iewers bo Europa die radio na simplex. "Skielik duik 'n stem bo die ander klanke op." Dit was 'n manstem wat “NA1SS” roep, die Amerikaanse amateurradioroepsein vir die IRS.

"Ek was uit die veld geslaan deur die gevoel van emosie in my terwyl ek probeer om die oproep te antwoord met gebruik van die Italiaanse roepsein IRØISS, onthou Parmitano.” My opgewondenheid was niks in vergelyking met die pure verbasing en ongeloof toe ek die stem, duisende kilometers vêr hoor. Pratende Engels met 'n pragtige Portugese aksent, het die radio-operateur aan die anderkant van die sein slegs daarin geslaag om 'n paar woorde te sê - "ek het nie geweet wat om te sê nie. Dit was 'n droom vir my bewaarheid! " - voor ons verder kon gesels, was ons gesprek onderbreek en oorweldig deur die kakafonie van ander roepe".

Gedurende die volgende 15 minute, terwyl die IRS bo Wes-, Sentraal- en Oos-Europa sweef, het hy probeer om die dosyne oproepers, "wat hulle boodskappe die ruimte instuur te antwoord met die hoop dat duisende kilometer vêr, sal die ruimtestasie se antennas hulle seine ontvang wat dit vir my moontlik sal maak om te ontsyfer wat hulle sê," vertel hy.

Die verskillende stemme uit verskillende lande word soos "lede van een familie, versprei oor die duisende eilande, in kontak met mekaar deur middel van niks anders, as ‘boodskappe in 'n bottel," soos Parmitano die radiokontakte gekarakteriseer het.

Hy het gevind dat die amateurradiogemeenskap hom "in 'n warm kombers van vriendskap en dankbaarheid toegedraai het, salig onbewus van die feit dat hy die een is wat hulle moet bedank vir die opening van die deure na 'n ervaring wat begin het met die jongman in Portugal gedurende die deurkruising van ruimte en tyd, om die hart van elke amateurradio-operateur te bereik,selfs voordat dit hulle ore bereik het."

MOET NIE U SARL LIDMAATSKAPVOORDELE VERLOOR NIE

Tot op datum het 1 274 lede lidmaatskap hernu, met ‘n groot aantal nog uitstaande. ook 'n hartlike welkom aan twee nuwe lede wat aangesluit het nl. Hugh Young, ZS1YS en Claus Muller, ZR6CMU.

Die afsnydatum is 31 Augustus om jou lidmaatskapvoordele te behou. As jy nog nie hernu het nie, doen dit dadelik. Vir besonderhede oor hoe om te betaal, bel Mariska Maandag, telefoon 011 675 2392.

Gedurende die afgelope week het die volgende klubs hulle affiliasie hernu vir die 2013 - 2014 jaar.
OTL Radioklub - ZS6OTL
Highveld Amateur Radio Club - ZS6HVB
Antique Wireless Association of SA - ZS0AWA

Klubs wat in die vorige boekjaar geaffilieer was, en wat nie beduidende veranderings aan hulle konstitusie gemaak het nie, hoef slegs die klubaffiliasievorm in te vul en voor te lê. Die vorm is op die web by www.sarl.org.za beskikbaar, kies klub in die linkermenu en kies affiliasie. Onthou klubaffiliasie by die SARL is gratis.

KOMPETISIENUUS

Die SARL HF GG-kompetise is vanmiddag vanaf 13:00 tot 16:30 UTC op die lug op 20, 40 en 80 meter. Hierdie kompetisie is nie net gemik op die individue nie, maar klubs kan ook deelneem. Daar is verskeie trofeë wat tydens die algemene jaarvergadering aan die wenners van die individuele wedstryde in die onderskeie kategorieë oorhandig sal word.

Kompetisieuitslae

12 logstate is ontvang vir hierdie kompetisie wat op 28 Julie 2013 gehou is en die uitslae is as volg:
1ste – Eddie, ZS6BNE - 285 punte
2de – Andre, ZS2ACP - 280 punte
3de – Ed, ZS6UT - 272 punte
4de – Stennis, ZS4BS - 180 punte
5de – Pam, ZS6APT - 145 punte
6de - West Rand ARC - 144 punte
7de – Barry, ZS2NF - 125 punte
ste – Allan, ZS1LS - 60 punte
9de – Heather, ZS6YE - 42 punte
10de – Vincent, ZS6BTY - 36 punte
11de – Bruce, ZS6BK - 24 punte
12de – Jan, ZS6BMN - 14 punte

Veels geluk aan Eddie wat die ekstra myl geloop het deur gebruik te maak van 'n ultraligte draagbare stasie.

Vir die SARL JD-naelloop gehou op 9 Augustus 2013 het die Kompetisiekomitee elf logs ontvang, agt van JD’s en drie van OK’s. Die uitslae is:
1ste Francis Marais, 7P8BFN, 146 punte (bedryf deur Francis, ZS4AM)
2de Jenni Reilly, ZS4J, 126 punte
3de Pam Momberg, ZS6APT, 116 punte

KLUBAKTIWITEIT
Die Centurion Radioamateurklub bied op 14 September 'n Tegniese Ope Dag by die Padvindersaal in Springbokstraat, Wierda Park, beginnende om 10:00, aan. Daar sal HF- en BHF-stasies, asook 'n QRP-stasie, op die lug wees.

Bring jou onvoltooide projekte saam en kom bespreek enige probleme wat jy daarmee ondervind met kundiges wat hul bes sal probeer om jou by te staan.

Vure sal aangesteek word vir 'n middag-bring-en-braai.

Die klubvergadering sal om 14:00 'n aanvang neem.

Almal is welkom.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Sonvlek AR1820 het 'n "beta-gamma" magneetveld wat genoeg energie vir M-klas fakkels huisves. Al die ander sonvlekke is stabiel of besig om te verval.

Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 66.

Amateurs gaan al die DX-bande van 20 tot 10 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees. Kort 10 m openinge kan van tyd-tot-tyd oor Oos-Wes dagligpaaie voorkom.

Besoek gerus die nuwe webtuiste h t t p://spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

30 Augustus – Oos-Rand Radiotak AJV om 14:00.
31 Augustus - Radiotegnologie-in-Aksie vir Gauteng in die Innovation Hub, Pretoria.
07 September – Wes-Rand lente snuffelmark om 12:00 by klubhuis in Krotonstraat, Weltevrestenpark.
14 September - Radiotegnologie-in-Aksie simposium in Durban.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beiste Engels en Afrikaans op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donsterdag wat die bulletindatum voorafgaan.

Die SARL nooi u om elke Sondagoggend om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-omgewing te luister na "Amateur Radio Today". Daar is herleidings op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz en ook 'n potgooi steur ZS6RO. Vir oudiostrome en Echolink steur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op "Amateur Radio Today", gaan na die groen kolom en klik op 'Listen on the web'. 'n Heruitsending vind op Maandae om 16:30 UTC op 3 230 kHz plaas. Op die webwerf verskyn ook besonsterheste aangaanste verskeie anster heruitsendings. Ontvangsrapporte, kommentaar en voorstelle sal waarsteer word. Stuur e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga met vertalings steur Louis ste Bruin, ZS5LP, saamgestel en geredigeer steur George Honiball, ZS6NE.

Dankie dat u geluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003